Een van die wonderlikste gevolge van
die Opstanding van Jesus Christus is dat
ons nou ‘n lewende hoop het.
1 Petrus 1:3 sê:
“Aan God, die Vader van ons Here Jesus
Christus, kom al die lof toe! In sy groot
ontferming het Hy ons die nuwe lewe
geskenk deur die opstanding van Jesus
Christus uit die dood. Nou het ons ‘n
lewende hoop...”
God is ons bron van hoop!
Mense met die hoop wat van die Here af
kom weet altyd: Dinge eindig nie hiér nie.
Daarom vestig hulle ook hul gedagtes op
die dinge daarbó. Die hemelse erfenis.
Dit is God se hoop op sy heel beste.
Ver bo wat ons kan droom, dink of bid.
Wanneer ons die hemelse erfenis onthou,
laat dit ons ook hier en nou anders leef.
Jy sien die hemel en leef dit hier uit.
Jy bid saam met Jesus:
“...laat u koninkryk kom; laat U wil ook op
die aarde geskied, net soos in die hemel”.
Daarom is die hemel meer as net ‘n plek.
Dit is ook om nou al met jou lewende hoop
‘n verskil te maak in mense se lewe,
deur jou besluite, houding, en gedrag.
C.S. Lewis het gesê: “If you read history you
will find that the Christians who did the most
for the present world were just those who
thought most of the next...
Aim at heaven and you will get earth “thrown in”.
Aim at earth and you will get neither”.
Lewende hoop wat van die Here kom laat jou
‘n hemelse verskil op aarde maak.
Ernest