Kolossense 3:2: “Rig julle gedagtes op die dinge
wat daarbo is.” Baie dinge in die lewe is soos
‘n venster op die hemel. As jy mooi kyk sien jy
die Here in die alledaagse raak.
Hemelse oomblikke op aarde.
Henry David Thoreau het lank terug hierdie groot
waarheid gesê: “Heaven is under our feet as well
as over our heads!” Wanneer ons dit besef kan ons
met die lewende hoop van die Here só leef dat alle
mense deur ons teenwoordigheid iets van die hemel
op aarde beleef.
“Hier is dit nie van belang of iemand ‘n Griek of ‘n
Jood is nie. Hier is Christus alles en in almal.” –
Kolossense 3:11.
Dit is wat die Here wil hê. Hy wil uiteindelik alles en
in almal wees. Die hemel is in der waarheid die plek
waar mense van totaal uiteenlopende nasies in hul
reënboog verskeidenheid as God se familie gesien en
gewaardeer word. Christene moet dit nou al op aarde
reflekteer deur ons naaste lief te hê soos onsself,
die goeie in ander mense te soek, en niemand kwaad
aan te doen nie.
Ons is immers God se verteenwoordigers op aarde!
Mense moet die Here deur ons beleef. By ons hoor
wat God vir hulle bedoel. Ons moet deur ons lewe
mense in kontak met God bring.
God doen dit alles! Hy doen dit deur ons!
Carl Jung, beroemde sielkundige, het gewaarsku wat
besig is om te gebeur en ons moet dit deur die genade
van die Here keer: “Men cut themselves off from the
root of their being, from God... So when God goes,
goal goes. When goal goes, meaning goes.
When meaning goes, value goes, and life turns dead...
on our hands.”
Ons moet so leef hier op aarde dat ons ‘n venster is
op die hemel. Dat mense ware lewe kan sien en ervaar.
So bring ons hoop. So gee God hoop deur ons.
Ernest