Hoop is nie net op onsself gerig nie.
Ons is deur die Here aangestel om mense
van hoop te wees en daarmee ‘n verskil in
hierdie wêreld te maak. Kyk net hoe stel
Petrus dit in 1 Petrus 3:15:
“Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee
aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis
oor die hoop wat in julle lewe.”
Ons is aangestel om hoop te bring in die wêreld.
Thomas Pettepiece sê: “When there is no hope,
there is no life. Without hope we give up –
we lose our will to fight, to trust, to live.”
Die wêreld het so min hoop...
Hoop word deur niks ingehaal nie, nie ouderdom
nie, en nog minder die dood. Christelike hoop
beteken God is alles en in almal. Dit is die
toekomsverwagting waarvan die nagmaal ook
getuig. Ons het in die nagmaal die versekering
dat die Here een met ons is. Daarin kyk ons ook
vooruit na die Here se wederkoms.
God se toekoms met ons is die hoop wat Hy gee.
Die hoop wat God gee is Hoop, met ‘n hoofletter.
Christus Jesus is ons Hoop – 1 Timoteus 1:1.
Hierdie toekoms en hoop is verseker omdat jy
God onvoorwaardelik kan vertrou. Daar is net een
ware hoop in die lewe, en dit lê in Christus Jesus.
Hierdie hoop maak van jou lewe ‘n avontuur.
Hierdie hoop gee aan jou lewe doel en sin.
Mark Twain het iets gesê van hierdie hoop:
“Christian hope makes you dance like nobody’s
watching; love like you’ve never been hurt.
Sing like nobody’s listening;
live likeit’s heaven on earth”.
Christelike hoop stel, volgens Romeine 5:5,
nooit teleur nie, dit beskaam nie. Want dit is
gegrond op God se liefde, en dit is ewige liefde.
Jy is aangestel as ‘n mens van hoop.
Leef Christelike hoop uit in hierdie wêreld.
God stel jou nie net aan om dit te doen nie.
Hy vertrou jou ook daarmee. Want Hoop met
‘n hoofletter, Christus Jesus, leef in jou...
deur die Heilige Gees.
Ernest