Die opstanding van Jesus Christus gee
ons lewende hoop! Wat waar is ten opsigte
van Jesus se opstanding uit die dood, is ook
waar ten opsigte van ons opstanding uit die
dood saam met Hom.
Daarom is Handelinge 2:24 ook waar ten
opsigte van ons wat kinders van God is:
“God het Jesus uit die smarte van die dood
verlos en Hom uit die dood laat opstaan.”
Ons moet met alles wat ons is onwrikbaar glo
in die opstanding van Jesus uit die dood,
en ons opstanding saam met Hom.
J. S. Whale sê treffend die volgende waarheid:
“The Gospels do not explain the resurrection;
the resurrection explains the Gospel. Believe in
the resurrection is not an appendix tot the
Christian faith; it is the Christian faith.”
Sonder die opstanding is daar geen hoop nie.
Die opstanding van die Here Jesus is die enigste
lewende hoop! Vir altyd! Dit bring Paulus by die
punt om in Filippense 1:20-21 uit te roep:
“Ek wil Christus verheerlik in lewe en in sterwe,
want om te lewe is vir my Christus, en om te
sterwe is vir my wins.”
Kinders van God het ‘n lewende hoop en juis dit
laat hulle anders lewe, en sterwe. Hulle lewe en
hul dood, ja ook hul begrafnis, vertel die waarheid
van Jesus en die effek van sy opstanding. Dit is
boodskappe van hoop en lewe!
Jesus se opstanding het alles kom verander.
Die lewe en die dood! Ons staan op en leef anders!
En om te sterwe is vir ons wins! Hoop lê nie in
hierdie wêreld en in ons omstandighede nie.
Hoop lê in God! Hoop word nie gebore uit
omstandighede nie, maar uit God.
Uit die opstanding van Jesus.
Hoop word op God se Woord gebou.
Op God se beloftes. Numeri 23:19 sê juis:
“...Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe
en dit nie uitvoer nie?”
Geen krisis kan ooit die lewende hoop wat God gee
wegvat nie. Want geen krisis kan God wegvat nie!
Ernest