Wanneer Paulus in 1 Tessalonisense 2:5-12 skryf
dan sien ons ‘n hele paar kenmerke van ‘n
opstandingslewe. Die lewe in Christus met ‘n
lewende hoop. So ‘n lewe word gesien!

Die opstandingslewe met lewende hoop is:
Om nie net dinge te sê wat my laat goed lyk nie.
Om nie skelm te wees nie.
Om God as jou getuie te hê.
Om te weet God ken jou hart.
Om nie erkenning by mense te soek nie.
Om nie jou gesag te misbruik nie.
Om nie kwaai te wees nie.
Om ander mense te versorg.
Om vir ander mense om te gee.
Om God se boodskap met ander te deel.
Om bereid te wees om jou lewe vir ander te gee.
Om ander mense lief te hê.
Om hard te werk.
Om op te offer om nie ‘n las op ander se skouers
te wees as jy dit kan voorkom nie.
Om die goeie nuus van God aan ander bekend
te maak.
Om nie ‘n voet verkeerd te sit nie.
Om alles met oorgawe te doen wat God van
ons verwag.
Om nie ander sleg te behandel nie.
Om mooi te praat met ander.
Om ander aan te moedig om die regte dinge
te doen.
Om by ander te pleit om God te verheerlik
deur alles wat hulle doen of sê.

Dit is belangrike kenmerke van die
opstandingslewe in die Here wat ons in hierdie
skrywe van Paulus raak lees.
Lees gerus hierdie gedeelte in die Bybel.
Dit is inderdaad ‘n lys van “mooi” dinge.
Die vraag is hoeveel daarvan in ons daaglikse
lewe tereg kom? Al hierdie dinge gaan net mooi
voornemens op papier wees as ons dit nie
daadwerklik gaan uitleef nie. En ons kan!
Want die Here leef nou in ons. Hy doen dit deur
sy Heilige Gees wat in ons woon.
Daarom moet ons nie die Gees weerstaan nie.

Ernest