Begeer jy om die Here beter te leer ken
en ‘n instrument in sy hand te wees?
Wil jy ook graag in die belofte van Hand. 1:8 lewe?
Om te getuig deur die krag van die Gees! Neem dan
die Here op sy woord, want die vervulling met die
Gees is ook vir jou bedoel!
Besef dit weer ‘n keer:
Die opdrag van God in Ef. 5:18 “laat die Gees julle
vervul”, is aan alle Christene gerig, ook aan jou!
Bid daarvoor op grond van God se belofte in
Lukas 11:13: “Hy sal die Heilige Gees gee vir dié
wat vra.” Onderwerp jou terselfdertyd in
gehoorsaamheid aan die Gees se heerskappy.
Bely alles voor die Here wat in die weg kan staan
van vervulling deur die Heilige Gees. Vra die Here
om jou daarvan te reinig.
Moenie sit en wag vir buitengewone tekens of
emosionele ervarings nie. Jack R. Taylor stel dit so:
“Om met die Heilige Gees vervul te wees, is ‘n
innerlike wonder. As jy dus aandring dat die
ervaring na buitentoe sigbaar moet word deur
dramatiese tekens en bewyse, maak jy dalk
emosie jou koning, in plaas van Christus.”
Glo opreg dat God jou gebed sal verhoor en dat
die Heilige Gees beheer van jou lewe oorneem.
Gaan leef in vertroue op die Heilige Gees.
Herhaal daagliks jou toewyding aan die Here en
bly so met die Gees vervul. Gal. 5:16:
“Laat julle lewe steeds deur die Gees beheers word,
dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle
sondige natuur nie.”
Elke keer wanneer ons sê “ek glo in die Heilige Gees”,
bedoel ons dat ons glo daar is ‘n lewende God wat
gewillig is om in mense te woon en hulle te verander
om die beeld van Christus te vertoon.
Ernest