Jy behoort aan God! Vier dit elke dag met
dankbaarheid! Paulus skryf in Romeine 1:7
dat God ons baie lief het en ons eenkant
gesit het vir Homself sodat ons Hom voltyds
kan dien. Om Hom voltyds te dien is om jou
hele lewe aan Hom te wy. Paulus sê ook in
vers 7 dat die goedheid en vrede van God
ons Vader en die Here Jesus Christus by
ons is!

In Nino Ricci se “The Book of Saints”, vertel
die leraar in ‘n Italiaanse dorpie graag van
sy dae by die teologiese kweekskool.
Hy vertel dat sy kamermaat, Dom Pietro,
elke oggend na hy opgestaan het iets onder
sy bed gesoek het. Toe hy vir Pietro vra wat
hy doen, het Pietro geantwoord:
“Ek soek my skoen.” Elke keer wanneer hy
sy skoen gekry het, het hy so op sy knieë bly
staan en ‘n gebed aan God gefluister.
Na weke kon Nino dit nie meer uithou nie
en het hy vir Pietro gevra waarom hy dit doen.
Peiro antwoord toe: “Ek gooi die skoen elke
aand onder my bed in sodat ek die volgende
oggend op my knieë begin, omdat ek op my
knieë moet gaan om die skoen te kry.
En as ek eers op my knieë is, dank ek die Here
vir alles wat Hy in my slaap vir my gegee het,
en in die nuwe dag my mee gaan seën!”

Vier elke dag die wonder dat jy aan God behoort!
Kies jou eie metode om jou daaraan te herinner
en jou by Hom te bring. Onthou dan ook dat die
goedheid en vrede van God by jou is – vers 7.

Ernest