Paulus wil die goeie nuus van die Evangelie met
die mense in Rome deel. Maar hy begin eers deur
te wys hoe die mens die pad byster geraak het,
en tog dink die mens hy is op die regte pad,
naamlik die dien van jouself! In Romeine 1:28-32
skryf hy hieroor. Omdat die mens glad nie daarin
belangstel om God op die regte manier te ken nie,
het God toegelaat dat hulle kan dink net wat hulle
wil, en doen net wat hulle wil. Daarom is hulle hele
lewe nou een groot gemors. Hulle harte loop oor
van slegte dinge soos jaloesie, moord, twis, bedrog,
kwaadpratery en geskinder. Hulle steek mekaar in
die rug en hulle haat God. Boonop dink hulle
heeltemal te veel van hulle self. Hulle praat groot.
Ly aan grootheidswaan. Elke dag dink hulle nuwe
sondes uit. Hulle haat selfs hulle ouers. Hulle is
eenvoudig ongehoorsaam en dom!
Natuurlik weet hulle hoe God wil hê hulle moet leef!
En hulle weet ook dat die doderyk op hulle wag.
Maar hulle steur hulle min daaraan. Want om jouself
te dien staan bo die res. Daarom hou hulle aan met
hulle booshede. En asof dit nie erg genoeg is nie,
moedig hulle ander mense aan om hulle slegte
voorbeeld te volg.
Leef ons vandag anders? Hierdie is ‘n diagnose van
die mens van vandag! Ons...
Dikwels volg mense hulle eie kop en dien net hulself.
Daarom sit ons wêreld in die gemors waarin ons is.
Ted Koppel, die bekende Amerikaanse TV aanbieder,
het hierdie wakker-word-woorde vir ‘n groep studente
gesê:
“We have actually convinced ourselves that slogans will
save us. Shoot up if you must, but use a clean needle.
Enjoy sex whenever and with whomever you wish, but
wear a condom. No! The answer is no. Not because it
isn’t cool or smart, or because you might end up in jail
or dying in an AIDS ward, but because it’s wrong.
In it’s purest form, truth is not a polite tap on the shoulder.
It is a howling reproach. What Moses brought down from
Mount Sinai were not the Ten Suggestions!”
Volg God se wil! Doen sy wil. Gehoorsaam God!
Sy wil is nie maar net voorstelle waaruit ons kan kies nie.
God weet wat is goed vir jou. Hy het jou gemaak.
Hy het jou gemaak vir die lewe wat Hy gee!
Ernest