Ons wys so maklik die vinger na ander terwyl
ons ewe skuldig voor God staan. God weet wat
ons almal doen. Omdat Hy alleen die ware feite
tot sy beskikking het, sal Hy eendag die regte
oordeel en uitsparaak oor ons almal lewer.
In Romeine 2:4 lees ons: “God is baie goed vir ons.
Hy is geduldig met ons swakhede. Maar dit beteken
gladnie dat Hy jou sondes oorsien omdat Hy so goed
is vir jou nie. God is net geduldig met jou omdat Hy
wil hê dat jy jou tot Hom moet bekeer.”

Gelowiges klim nie op die oordeel wa nie.
In die eerste plek is gelowiges in die Here nie beter
as ander mense nie. Ons is net sondaars wat vergewe
is! In die tweede plek is dit nie hoe God is nie.
God wys nie die heeltyd vinger nie, maar lei sy skepsels
op die regte pad om hulle te help.

“The Message” vertaal bogenoemde vers 4 so:
“God is kind, but He’s not soft. In kindness He takes us
firmly by the hand and leads us into radical life change.”
God bedoel net die beste met elke mens.

In plaas daarvan om vinger te wys, moet ons eerder bid:
“Maak my ‘n voorbeeld van U goedheid.” - Psalm 86:17.
Ons is te maklik uitstalvensters van ons eie hoedanighede,
En dan wil ons onsself vergelyk met ander. Dan dink ons
dat ons beter doen, in plaas daarvan dat ons die genade
van God beklemtoon! Alles, alles, is genade! Ons het self
geen rede om te oordeel en te veroordeel nie!

Ernest