Romeine 4:16 sê dat geloof ‘n nuwe pad
na God toe bied. ‘n Mens kan nooit jou eie
redding verdien nie. Jy kan dit net as ‘n geskenk
uit God se hand ontvang. Vers 18 sê dat selfs toe
alles hopeloos gelyk het, het Abraham geglo... en
vers 21: “Abraham het geweet dat God die een of
ander tyd sou doen wat Hy belowe het.”
Kyk net hoe vertaal “The Message” vers 18:
“When everything was hopeless,
Abraham believed anyway, deciding to live not
on the basis of what he saw he couldn’t do
but on what God said He would do.”
Gelowiges hoop en glo.
Wat lê agter ons hoop en glo?
Die antwoord lê in bogenoemde vers 21.
Daar is twee Griekse woorde wat vir belofte
gebruik kan word.
Die eerste woord is wanneer dit ‘n belofte met
voorwaardes is. “Ek belowe om dít te doen,
as jy belowe om dát te doen.”
Die tweede Griekse woord vir belofte is ‘n
onvoorwaardelike belofte uit goedheid en genade,
waarvoor jy niks hoef te gedoen het nie.
Dit is hierdie woord vir belofte wat hier in
Romeine 4:21 gebruik word.
God sal altyd sy belofte hou. God sal altyd doen
wat Hy beloof. Maak nie saak wat gebeur nie.
Daarom kan ons altyd hoop en glo,
maak nie saak hoe hopeloos dit lyk nie.