Oor Romeine 8 kan mens nie “uitgepraat” raak nie.
Dit is ‘n wonderlike hoofstuk in die Woord van God
wat vir ons vertel wat God alles vir ons doen in
Christus deur die Gees! Ons gaan deur hierdie hele
hoofstuk saam dink en leef. Kyk nou net wat sê
verse 10-13: “Christus is ook nou by julle. Daarom sal
die Heilige Gees sorg dat julle vir altyd lewe. Selfs al
moet julle liggame doodgaan sal die Gees julle op ‘n
splinternuwe manier laat leef. Hy sal dit doen omdat
julle deur God vrygespreek is. Julle weet baie goed dat
God Jesus uit die dood laat opstaan het. Daarom is dit
vanselfsprekend dat Hy wat nou deur sy Gees in julle bly,
eendag ook elkeen van julle se sterflike liggaam met die
hulp van sy Gees lewend sal maak. My broers en susters,
omdat die Heilige Gees in ons bly, mag ons nie langer in
die sonde rondlê nie. Ons is dit aan Hom verskuldig.
As julle kies om aan te hou sondig, moet julle weet dat
julle sonder God sal sterf. Maar as julle toelaat dat die
Heilige Gees met julle sondige dade afreken, sal julle vir
altyd saam met God lewe.”
Dink weer na oor die woorde van vers 12:
“My broers en susters, omdat die Heilige Gees in ons bly,
mag ons nie langer in die sonde rondlê nie.
Ons is dit aan Hom verskuldig.”
Robert Fulghum het na ‘n wasmajen gesit en kyk en toe
gedink aan ons verhouding met God. Hy skryf:
“Sitting there watching the laundry go round and round,
gives me cause to think about the world and human hygiene.
We’ve made a lot of progress, you know. We used to think
that disease was an act of God. Then we figured out that it
was a product of human ignorance. So we’ve been cleaning
up our act, literally, ever since.
If only the experts could come up with some way to get it
out of our minds. All we need is one cup of “fix-it” that will
lift the dirt from our lives ...soften our hardness...
protect our inner parts...and make us sweet and good.”
Wanneer ons “in die sonde rondlê”, soos vers 12 sê, is ons
lewens vuil, ons harte hard, ons innerlike lewe onbeskermd,
en leef ons nie die sagtheid en goedheid uit wat God van
ons vra nie. Dit is die beeld wat Robert Fulgham gebruik.
Is daar iets soos ‘n “fix-it”, waarvan hy praat?
Wel, sê vers 10, die Heilige Gees laat ons op ‘n splinternuwe
manier leef! Dit is nie maar net ‘n “fix-it” van die ou lewe nie,
maar ‘n totale nuwe lewe. Die Heilige Gees laat ons op ‘n
splinternuwe manier leef! Hy gee nuwe lewe sodat ons reg
kan leef soos God dit wil hê. Ja, sodat ons soos Jesus kan leef!
Wat ‘n wonderlike God aanbid ons nie!
Moenie in die sonde bly rondlê nie!
Ernest