Behalwe dat jy familie van God is,
is jy ook ‘n erfgenaam van God!
Romeine 8:16-17 sê dit: “Die Gees oortuig
ons diep in ons binneste dat ons regtig God
se kinders is. Omdat ons sy kinders is, is ons
ook sy erfgename. Ons erf saam met Christus
alles wat God beloof het. Ons ervaar dieselfde
tipe swaarkry as wat Christus beleef het toe
Hy nog op aarde was. Maar ons weet dat as
ons nou saam met Hom ly, ons ook saam met
Hom in sy heerlikheid in God se nuwe wêreld
sal bly.”

Adrio König vertel hierdie wonderlike storie:
Twee boeties sit in dieselfde klas op skool.
Die juffrou skryf hulle name en geboortedatums
neer. Jannie is 7 en hy verjaar op 1 Mei. Pieter is
ook 7 en hy verjaar op 1 Augustus, van dieselfde
geboortejaar. Albei is in dieselfde jaar gebore!
Die juffrou is seker daar moet ‘n fout wees.
Net drie maande later in dieselfde jaar?
Nie moontlik nie! Hierop antwoord Pieter:
“Ja, juffrou, dit is so. Een van ons is aangeneem.
Maar, juffrou, ongelukkig weet ons nie watter
een nie.”

Net so het God net een Kind van altyd af.
Jesus Christus, Seun van God. Maar Hy het ook
miljoene aangenome kinders waarvan ons deel is,
en Hy maak geen onderskeid in terme van erfenis nie.
As kinders van God, al is ons aangenome kinders,
is ons saam met Christus erfgename van God.
Kyk hoe sê bogenoemde teks dit: “Ons erf s
Nou moet ons onthou: ons is nie tweede-klas
erfgename nie! Wat Jesus gaan erf, gaan ons ook
van God erf! Dít...is genade!

Ernest