Paulus het ‘n hele betoog in Romeine 8 van
Wie God is en wat Hy deur Christus en die
Heilige Gees vir ons doen.
Dan kom hy tot ‘n gevolgtrekking in verse 31-33:
“Wat is ons gevolgtrekking oor alles wat ons tot
nou toe gesê het. Dít: God is aan ons kant.
Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees?
God gee so baie vir ons om dat Hy nie eers sy eie
Seun se lewe gespaar het nie. God het Hom in ons
plek laat doodgaan. As Hy bereid was om so ver
vir ons te gaan, sal Hy mos enigiets vir ons doen.
Wie kan dit nou nog waag om ‘n aanklag teen ons
in te bring? Niemand nie! Ons is immers deur God
self as sy kinders uitgekies. Boonop het Hy ons van
al ons sondes vrygespreek”.
As God vir ons is, wie wat enigsens saakmaak, kan
teen ons wees? Al sal allerlei magte en omstandighede
dan nog probeer om teen ons te wees, en teenoor God
se plan met ons staan, niemand of niks kan ooit iets
blywend teenoor Hom vermag nie. Hy is immers God!
Die kruis is die ewige bewys dat God vir ons is! Ons is
nooit alleen nie. Niks wat hierdie lewe na ons kant toe
gooi, kan ons ooit afsny van God se hulp nie.
In vers 35 vra Paulus verder: “Wat kan ons nou nog skei
van Christus se liefde vir ons?Swaarkry, probleme,
vervolging, hongerpyne, ‘n tekort aan klere, gevare,
of dalk geweld? Nie een van hierdie dinge nie.
Nie eens die grootste probleme waarvan daar in die
Bybel gepraat word, kan ons ooit van Christus skei nie”.
Ernest