Genesis 5:24: “Henog het naby God geleef
en toe was hy nie meer daar nie, want God
het hom na Hom toe weggeneem.”
Het jy ook ‘n opregte begeerte om met God
te wandel? ‘n Dieper en meer opregte verhouding
met die Here. Wil jy nog meer bewus wees van God
se teenwoordigheid in jou lewe?
Wil jy ‘n groter belewenis hê van sy krag en sy groot
dade in jou lewe? Meer gebedskrag en innerlike vrede?
Die antwoord is eenvoudig om nader aan die Here
te loop. Wandel met God, soos Henog.
Henog was elke dag op God se voetspoor.
Hy kon die fluistering van God hoor en duidelik
onderskei van al die geraas en klanke rondom hom.
Is dit so in jou lewe? Ons lewe te midde van soveel
geraas en dinge rondom ons wat maklik ons aandag
van God se wil af kan weglei.
Kom ons leer vandag by Henog om naby die Here te leef,
om saam met God te wandel. Loop in pas saam met Hom.
Dit is ‘n lewenslange toewyding en inoefening.
Dit gebeur elke dag op ‘n slag. Wees geduldig en volhard
vandag saam met God op sy pad. En dan weer môre,
en oor-môre.
God sal elke dag sorg vir elke dag wat jy saam met
Hom loop.
Ernest