Abram se roeping het veel meer ingesluit as
om net grond vir God terug te wen. God is nie
in die eerste plek in die grond besigheid nie,
maar in die mense-besigheid!
God wil mense red!

Mense is altyd die heel hoogste op God se agenda.
Daarom dat selfs magtige konings soos Melgisedek
van Abram kennis geneem het. God het Abram
geseën om deur hom vir baie ander mense tot seën
te wees. Mense het begin kennis neem van wat God
deur Abram doen. Daarom het Melgisedek op ‘n dag
selfs die Here se seën uit die hemel oor hom afgebid!
Abram was die Here se lewende seën in die lewe van
Ander mense. Hy was soos ‘n venster waardeur mense
God se grootheid en goedheid kon raaksien.

Dit is wonderlik dat die Here so kragtig deur ‘n mens kan
werk dat ander mense konkreet van God bewus raak.
Nou, belangrik: Dit is wat God ook deur jou in hierdie
wêreld wil doen! Ons wêreld is so kragteloos.
Mense strompel hulpeloos rond sonder rigting en
sonder hoop. God wil deur jou ‘n lewende seën vir
ander wees. God wil deur jou ‘n verskil maak in elke
mens se lewe met wie jy te doen kry. Neem vandag jou
porsie hemelse krag by God, sy seën,
en gaan wees vir ander mense tot seën.

Ernest