Paulus bid in Efesiërs 1:18: “Ek bid verder dat
God julle geestelike oë sal oopmaak sodat julle
kan besef wat julle van Hom kan verwag noudat
Hy julle na Hom toe geroep het. God gaan vir julle,
as sy spesiale kinders, gee wat Syne is. Hy gaan
julle skatryk maak.”
Paulus sê in vers 18 hy bid dat God ons hart se oë
sal oopmaak sodat ons op ‘n unieke manier God
se wonderlike geskenk aan ons kan snap!
Die lewe begin as jy besef dat God jou op jou naam
geroep het . Dit gee jou hoop en ware lewe!
Nie net vir eendag nie, maar vir die hier en nou!
Wanneer die oë van jou hart oopgaan, sien jy ook
jou fantastiese erfenis! Ons het in Jesus waardevolle
dinge geërf, dinge wat vir God belangrik is!
Iemand wat nog nooit ‘n verduideliking van die
Christendom gehoor het nie, het met groot aandag
daarna geluister en toe uitgebars:
“Julle gelowiges het dit álles! As julle maar net besef
julle hét dit! En as julle maar net weet hoé om dit oor
te vertel en dit uit te leef!”
Leef jou geloof uit deur jou seëninge van die Gees
en jou erfenis te vier, en met ander mense te deel!
Ernest