Dikwels sukkel ons om God se boodskap te
verstaan omdat ons nie met sy oë na die lewe
kyk nie. Ons manier van kyk is heeltemal te
beperkend en negatief. Daarom leef ons
dikwels nie uit die oorwinning in Christus nie.

Paulus skryf in Efesiërs 3:17 dat, ás ons voete
ferm geplaas is op die liefde van God wat Hy in
Jesus vir ons kom wys het, sal ons Hom oral in
die lewe raaksien, en saam met Hom betrokke
raak waar Hy reeds besig is.

Hy skryf in vers 17: “So sal Christus deel van
julle lewens word omdat julle op Hom vertrou.
Julle lewens sal gebou wees op liefde.
Deur ander met liefde te behandel sal julle lewens
die vastigheid kry wat julle nodig het.
The Message vertaal dit so: “I ask Him to strengthen
you by His Spirit that Christ will live in you as you
open the door and invite Him in. And I ask Him that
with both feet planted firmly on love.”

Staan ferm op die liefde van God en leef daaruit!
So sal jy die Here oral in die lewe raaksien.
So sal jy saam met Hom betrokke raak waar Hy
reeds besig is met sy wonderwerk!

Ernest