Paulus bid dat God ons vol maak,
met die volheid van God.
Efesiërs 3:19: “Mag God julle lewens met sy
teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ‘n
stukkie van julle lewe is wat nie deur God se
teenwoordigheid geraak word nie.”
Paulus bid: “...en mag julle heeltemal vervul
word met die volheid van God.”
The Message sê:
“Live full lives, full in the fullness of God.”

Dit is soos om ‘n leë houer vol te maak met water.
‘n Man het by geleentheid hieroor gebid:
“Lord, I can’t hold much, but I can overflow a lot.”
Dit is hoe die volheid van God oorloop uit ons
lewens en hoe dit ander mense aanraak.

God in en deur ons.
So kort en kragtig soos dit...
Mag jy so vervul word met die volheid van God,
sodat jy ‘n vol lewe leef, vol van die volheid van God.
So kort en kragtig soos dit...is die ware lewe!

Ernest