Paulus raak baie prakties wanneer hy riglyne gee
oor hoe om die nuwe lewe te leef.
In Efesiërs 4:27 sê hy: “Moenie die duiwel kans gee
om jou vas te trek nie.” Moenie die duiwel vatkans
gee nie!
Ons moet die skuiwergate in ons lewe toemaak,
sodat die duiwel nie vatkans kry nie.
Die eerste skuiwergat wat Paulus noem is:
Moenie lieg nie. Vers 25: “Moenie vir mekaar lieg nie.
Wees eerlik met mekaar, want ons speel mos almal
saam in dieselfde span van God.”
Die kultuur van die eerste eeu na Christus was veral
by die heidene dat jy maar kan lieg. Dit is aanvaarbaar.
Moet net nie uitgevang word nie. Vandag is dit nog
steeds so...!
In Scott Peck se boek “People of the Lie” het hy
gewys dat leuens in die kern lê van alle boosheid.
Dit is waarmee die duiwel na Adam en Eva toe
gekom het.
Om vir mekaar te lieg is om vir jouself te lieg,
en ten diepste om vir die Here te lieg!
Kinders van die Here is mense van die waarheid.
Johannes 8:32 sê die waarheid maak jou vry!
Kies om altyd die waarheid te praat.
Ernest