Maak die skuiwergete toe.
Die eerste is: moenie lieg nie.
Die tweede is: woede.
Efesiërs 4:26 sê: “As jy vir iemand kwaad word,
moet jy niks doen waaroor God skaam sal kry nie.
Moet ook nie gaan slaap terwyl jy nog vir iemand
kwaad is nie.” The Message vertaal dit so:
“Go ahead and be angry. You do well to be angry –
but don’t use your anger as fuel for revenge.
And don’t stay angry. Don’t go to bed angry.”

Let op: daar staan nie “moenie kwaad word nie”.
Daar staan: “As julle kwaad word, moenie sondig nie.”
Dit is voor die hand liggend: ons moenie dié menslike
emosie ontken nie. Dit gaan nie oor kwaad word nie,
maar eerder oor hoé jy kwaad word. En waaroor jy
kwaad word. En hoe lank jy kwaad bly.
Kwaad word en humeurigheid het niks met mekaar
te doen nie! Daarom sê Paulus in vers 26 ons moenie
opvlieënd of woedend word nie.

Die Hebreeuse woord vir “woede” beteken letterlik
“neus of neusvleuels wat bewe”. Daar was twee Joodse
idiome: “lank van neus” wat beteken om stadig kwaad
te word, en “kort van neus” wat beteken om vinnig
kwaad te word. Hoe lank is jou neus...?

Ons moet ons kwaad-word bestuur. Ons moet onthou
dat selfbeheersing deel is van die vrug van die Gees –
Galasiërs 5:22-23.
Woede gaan jou baie ellende veroorsaak as jy dit nie
onder beheer kry en bestuur nie. Moenie oor kleinighede
kwaad word nie, en moenie kwaad bly nie.
Dit is om “kwaad te gaan slaap.” Moenie die son laat sak
oor jou woede nie. Jy steel jou eie lewens-kwaliteit.
Koel af. Vergewe. Maak vrede. En lééf!

Ernest