Moenie die duiwel vatkans gee nie.
Maak die skuiwergate toe waar hy probeer inkom.
Die eerste skuiwergat is: moenie lieg nie.
Die tweede is: woede. As jy kwaadword,
moenie sondig nie.
Die derde is: gierigheid.
Efesiërs 4:28: “As iemand ‘n lewe gemaak het deur
ander mense se goed te vat, moet hy dadelik daarmee
ophou. Hy moet vir hom ‘n behoorlike werk kry en sy
brood eerlik verdien. Hy sal dan nie net vir homself kan
sorg nie, maar ook nog genoeg oorhê om vir mense
wat niks het nie, iets te gee.”
Die samelewing laat ons glo “meer” is “beter”.
Ons het die onvermoë om te onderskei tussen
die kwaliteit van lewe en die kwantiteit van dinge
waarmee ons ons lewens vul. Ons kwaliteit van lewe
gaan eintlik agteruit oor al die kwantiteit van goed in
ons lewe. Ons lewe uiteindelik vir die goed, en mis die
lewe! Wanneer is genoeg nou genoeg!?
Vir gierigheid is genoeg nooit genoeg nie. Gierigheid is
soos steel...op ‘n ander manier.
Paulus gee hier ‘n baie belangrike lewensbeginsel:
werk sodat jy ook kan weggee! Dit is nie hoe gierigheid
werk nie. God wil deur jou werk/beroep, wat Hy terloops
vir jou gee saam met jou vermoë om dit te doen, ook vir
ander mense sorg! Waarom is gierigheid so dodelik?
Omdat dit jou aandag aftrek van wat regtig belangrik is.
Dit wat regtig saak maak in jou lewe.
Gelowiges moet eerder só leef:
Wat ek te veel het, het ek verloor; wat ek uitgee,
het ek gehad; wat ek gegee het, het ek!”
Ernest