Moenie die duiwel vatkans gee nie.
Maak die skuiwergate toe!
Die eerste is: moenie lieg nie.
Die tweede is: moenie sondig as jy kwaadword nie.
Die derde is: weerstaan gierigheid.
Die vierde bespreek Paulus in Efesiërs 4:29 en 30.
Dit is: los lippe!

Vers 29: “Moet ook nie allerhande vuil grappe vertel
of lelike praatjies maak nie. As julle iets sê moet dit
iets wees wat die moeite werd is om te sê en vir ander
iets beteken. Kyk wat nodig en goed is om in dié
omstandighede te sê en sê dit dan.”
Vers 31: “Moenie toelaat dat julle bitter word nie.
Beteuel jou humeur, en as jy dalk jou humeur verloor,
moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of
lelike dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen
wat vir ‘n ander een sleg is nie.”

Wanneer ons aanhou om met los-lippe te praat,
is dit ‘n teken dat ons ons nie veel steur aan wat in
die Bybel staan nie. Tel eenvoudig jou woorde.
Moenie soos ‘n los kanon lostrek met jou woorde nie.
‘n Los mond is een van die duiwel se gunsteling wapens
om God se skepsels, alle mense wat deur God geskep is,
skade aan te doen. Die duiwel floreer op ons los lippe!
Maak hierdie skuiwergat toe. Moenie die duiwel
hierin vatkans gee nie! Weer ‘n keer:
Tel jou woorde

Ernest