Die vyfde skuiwergat wat ons moet toemaak sodat
die duiwel nie vatkans kan kry nie is: suinigheid van die siel!
Paulus sê in Efesiërs 4:32: “Behandel mekaar mooi en goed.
Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees.
Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien
het omdat julle Jesus s’n is.”
The Message vertaal: “Be gentle with one another, sensitive.
Forgive one another as quickly and thoroughly as God in
Christ forgave you.”

Suinigheid van die siel is om groot vatplek vir die duiwel in
jou lewe te gee. Hy kry greep op jou lewe.
Daar is die begrip van ‘n skaarste- of oorvloedsmentaliteit
in jou lewe.
Skaarste-mentaliteit het ‘n suinigheid van die siel.
Jy kan nie ander se vreugde vier nie.
Dit gee nie graag aan ander van God se genade, deernis
en vergifnis nie. Jy ontvang dit in oorvloed van God,
maar hou dit vir jouself.
‘n Oorvloeds-mentaliteit soek deurgaans na die goeie
in ander. Jy sien dit ook raak en vier dit. Jy ontdek God
se werk en sy teenwoordigheid in die ander persoon.
Jy vergewe maklik, want dit is wat God van jou verwag.
Wees vrygewig met jou siel. Moenie suinig wees met die
mens wat die Here wil hê jy moet wees nie.
Wees dit teenoor alle mense.

Ernest