“God weerstaan hoogmoediges,
maar aan nederiges gee Hy genade.” – Jakobus 4:6.
Die lewe het ‘n snaakse manier om mense uit te
sorteer wat heeltyd die aandag op hulleself vestig.
Dit lei tot hoogmoed sonder dat hulle dit eers besef.
Die Here weerstaan hoogmoediges....
Dit is erg om te dink wat dit beteken.
Maar hoogmoediges wil selfs God se aandag op hul
eie belange vestig. Oor en oor lees ons in die Bybel
hoe arrogansie en hoogmoed die Here ontstel.
Die Here verdra dit gladnie dat mense dink hulle is
belangriker as ander mense en op hulle trap en
neerkyk nie. God sê elke keer wanneer Hy oor
arrogante mense praat dat Hy hulle in die stof sal
neergooi. Hoogmoed is natuurlik die oer-sonde.
Die mens was so hoogmoedig dat hulle soos God
wou wees. Self God wou wees.

Ons eer die Here deur nederig te wees.
Ons dien ons medemens deur nederig te wees.
Mense wat al minder aan hulleself dink en al meer
aan God en ander mense, leef met respek voor God
en respek teenoor ander mense.
Nederige mense leef met dankbaarheid voor die
Here en hul naaste. God sien die nederiges raak.
Hy gee genade aan die nederiges.
God tel nederiges op met hemelse erkenning.
Nederige mense is vol liefde vir God en deel God se
liefde uit aan ander. Nederigheid is deel van die
vrug van die Gees – Gal. 5:22-23.
God se goedheid en genade oorstroom hulle lewe
en loop oor na mense rondom hulle.
Nederigheid is ‘n uitstaande nalatenskap!
Leef nederig! Eer die Here daarmee.

Ernest