“Ek het besluit…” Dit is wat Lukas sê in Lukas 1:3.
“Ek het besluit om ook oor al hierdie gebeure aan
u te skryf, hooggeagte Teofilus. Ek verseker u dat
ek deeglik navorsing oor hierdie groot verhaal gedoen
het sodat ek alles aan u kan oorvertel.”

Lukas sê baie mense het al ‘n verhaal geskryf oor al
die groot dinge wat onlangs onder hulle gebeur het.
Dit gaan natuurlik oor die geboorte en lewe van Jesus!
Lukas is die enigste Evangelie wat aan ‘n persoon gerig is.
Sommige dink Teofilus is net ‘n simboliese naam. Ander
glo die persoon het werklik bestaan en dat hy moontlik
die “uitgewer” van Lukas se Evangelie kon wees.

Lukas se Evangelie, goeie nuus, oor Jesus is die enigste
een waar die skrywer as’t ware op die verhoog kom staan
en die woord “ek” gebruik.
Vers 3 begin dan ook met hierdie baie belangrike woorde:
“Ek het besluit...”Lukas was nie tevrede met ander se
stories oor Jesus nie. Hy moes sy eie storie hê, en dit skryf,
as’t ware met sy eie lewe. Hy moes Jesus vir homself ontdek.

Gossip het by geleentheid hierdie woorde gesê:
“The four Gospels were important, but beyond them all,
came the gospel of personal experience.”
Iewers moet jy op ‘n punt in jou lewe soos Lukas kan sê:
“Ek het besluit...”
Daardie besluit moet ‘n persoonlike besluit wees,
en keuse vir Jesus wees.

Ernest