Maria sê in haar loflied hierdie waarhede:
“God het sy volk Israel baie jammer gekry.
Hy het nooit sy beloftes vergeet wat Hy aan
hulle gemaak het nie. Hy het sy goedheid oor
hulle uitgestort, presies net soos Hy aan Abraham
belowe het – aan hom en aan sy hele nageslag.
Ja, God se beloftes is vir altyd waar.” Lukas 1:54-55.
Een van die groot waarhede wat ons raaksien in
Maria se lewe is dat God die klein en onbelangrike
gebruik om die grotes te lei, die swakkes om die
sterkes te leer, en die gewone om die buitengewone
te dra.
‘n Teologiese professor met die naam van Al Lindgren
het saam met sy laerskool-seun gaan visvang.
Onverwags het die seun op ‘n stadium aan hom gevra:
“Dad, what is the toughest thing God ever tried to do?”
Soos ‘n goeie professor wat sy studente wil laat dink,
het hy dit met ‘n teenvraag beantwoord:
“Why, what do you think was the toughest thing God
ever tried to do?”
Die seun het geantwoord: “Well, in science class I thought
it was to create the world. In Sunday School class we thought
it was to do miracles and the Resurrection of Jesus Christ.
But then I started thinking, and I decided no one knows God
really well. So now I think the toughest thing God ever tried to do,
is to get us to understand who He is and that He loves us.”
Die professor was verbaas oor sy jong seun se antwoord.
Die insig en die wysheid daarvan. Hy het eenvoudig hierop
geantwoord: “You’re right Son, and it took God’s Son to do it!”
God het al sy beloftes in Jesus laat waar word.
Maria sing daarvan in haar loflied in verse 54 en 55.
Wanneer ons sien wat in Maria se lewe gebeur het,
en na haar loflied luister, dan besef ons iets van hoe groot
en hoe goed God is!
Ernest