Die hoop waarvan ons in die Bybel lees,
is nie ‘n vae optimisme nie.
Bybelse hoop is sterk, met ‘n duidelike en sekere verwagting.
Dit is die verwagting dat God dit wat Hy in sy Woord belowe het, sal doen.
Daarom het Bybelse hoop die vermoë om te wag en te volhard.
Romeine 8:25 sê daarom :
“Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie,
wag ons daarop met volharding.”
Lyding en beproewing is dikwels die manier waarop volharding,
karakter en hoop teweeggebring word.
Romeine 5:3-4 sê dit:
“Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet:
Swaarkry kweek volharding,
en volharding kweek egtheid van geloof,
en egtheid van geloof kweek hoop…”
Ernest Gordon, ‘n Skotse offisier, beskryf dit in sy boek,
Through the Valley of the Kwai, die lyding wat hy in WO2 deurgemaak het.
Hy het verskeie siektes beveg wat hy in die konsentrasiekamp opgedoen het.
Harde arbeid en gebrek aan voedsel het hom by die dood laat omdraai.
Hy was reeds in die dodehuis geplaas, waar hy gelê en wag het op die dood.
‘n Ander gevangene het gesien dat hy nog leef.
Hy het elke dag gekom om sy wonde te was, en sy voedsel met hom te deel.
Hy was die stil en nederige Dusty Muller.
Hy het met die ongelowige Ernest Gordon gepraat, en hom van die Here vertel.
Hy het Gordon oortuig dat daar hoop by God is,
ten spyte van die moeilikste omstandighede.
Gordon het daarop begin wag met volharding!
En sy hoop het nie beskaam nie.
Ongeveer sewentig jaar gelede het Gordon hierdie waarheid geleer en gesê:
“Geloof groei wanneer daar geen hoop buiten God is nie!”
Wag met volharding op dit wat jy nie kan sien nie.
Dit is Bybelse hoop!
Bybelse hoop gee jou die vermoë om te wag met volharding,
al kan jy dit nie sien nie, wag jy op God se uitkoms.
Ernest