Dit is die belangrikste boodskap van Kersfees.
Niks is vir God onmoontlik nie.
As ons soos Jesus wil lewe moet ons hier begin.
Ons moet by Jesus se begin...begin.
Sy begin word opgesom met die woorde:
Niks is vir God onmoontlik nie.
Hierdie feit som die hele Bybel op!
Dit is ook wat die engel van die Here aan Maria
gesê het in Lukas1:37: “Niks is vir God onmoontlik nie.”
Hiermee kyk ons sedert Jesus se koms na die wêreld,
anders na die wêreld. Ons kyk anders na die hele lewe!
Kersfees het alles verander!
Dit maak jou sensitief vir die teenwoordigheid van God
in hierdie wêreld. Dit laat jou verwonderd leef! Elke dag!
Dit laat jou die onmoontlike glo! Dit wat by God moontlik is.
Glo jy in die onmoontlike? Dat God die onmoontlike doen?
As jy dit nie glo nie, glo jy nog glad nie. Hoe sou jy beperkend
kon glo oor wat God kan doen of nie kan doen nie.
Niks is vir God onmoontlik nie!
Weereens: hierdie feit som die hele Bybel en geloof op!
Kersfees het alles verander!
Albert Einstein het gesê: “There are two ways to live your life –
one is as though nothing is a miracle, the other is as though
everything is a miracle”.
Hoe leef jy in geloof voor die Here?
Wat beteken Kersfees vir jou?
Ernest
Ernest