Vandag is nie net die laaste dag van hierdie jaar nie,
maar ook die laaste dag van die dekade. Hoe gou het
altwee nie verbygegaan nie. Dit laat ons net weereens
besef ons moet ontdek wat werklik saakmaak.
Ons kry nie kans om dit oor te leef of in te haal wat ons
verloor nie.
Daar was goeie tye en moeilike tye. Baie vrae se antwoorde
bly onbeantwoord. Ons kry nie noodwendig die oplossings
of verklarings nie. Ons vra dalk ook die verkeerde vrae.
Ons vra dalk nie die vrae wat God wil hê ons moet vra nie.
Ons vra so self gesentreerd. Wat wil God regtig?
Wil God ons nie deur ons moeilike tye gereed maak vir meer nie?
Vir meer gee en meer omgee. Dalk wil Hy ons meer dankbaarheid
leer. Meer dankbaarheid vir wat ons reeds het.
Dalk wil Hy ons leer bid. Regtig bid. Nie bid nie, maar BID!
Dlk wil Hy ons leer om regtig saam met Hom te lewe. REGTIG!
Wil God ons nie meer fokus op mekaar nie. Nie op goed nie.
Ons almal “kort”. Maar ons kort meer van mekaar as van al die
goed in hierdie wêreld. Ons “kort” God die meeste.
Maar ons soek Hom dikwels die minste op met ons lewe.
Dit is net God wat ons die krag gee om voort te beur.
Om vorentoe te leef. Hy skenk ons die krag om staande te bly
en daar te wees vir mekaar.
Hy was hierdie hele jaar en dekade by jou, God met ons,
in jou deur die Gees. Hy gaan ook in die nuwe jaar by jou wees.
Ons kan elke dag besluit oor hoe ons die tyd gaan benut wat
God ons gee.
Ons kan lewe asof Christus gister gesterf het,
vandag opgestaan het, en môre terugkom.
Of ons kan lewe asof Jesus dood is. Punt.
Ons kan ons seëninge tel. Of ons kan ons terugslae en laste tel.
Dit is óns keuse.
Kies vandag vir jou...lewe saam met Jesus!!
Ernest