JESUS…DINK AAN ANDER!
Filippense 2:7 sê”…Hy het Homself verneder…”
God is genadig en vol liefde vir alle mense. Hy gee selfs om
vir mense wie se lewens besmet is met opstand teen Hom!
God het die wêreld, wat goddeloos lewe, só lief dat Hy die
grootste opoffering maak om die wêreld te red!
God Drie Enig het ‘n beslissende stap in die hemel geneem
wat die geskiedenis van die mensdom vir altyd verander het.
Jesus het besluit om sy hemelse eer prys te gee vir ‘n
vernederende aardse bestaan. Ter wille van die mens!
En ter wille van die eer van God as Skepper van die mens.
Paulus skryf in Filippense 2 dat Jesus ‘n slaaf geword het.
Daar was nie ‘n rooi tapyt vir Hom uitgerol nie. Hy sou in
sy lyding ter wille van ons tot in die grond in verneder word.
Hy het sonder enige glorie op ons stofpaaie tussen ons kom
Loop en leef. Hy het afgebuig en die vriend van sondaars,
randfigure en uitgeworpenes geword. Tot vandag toe nog is
Jesus te vinde in die geselskap van sondaars. Hy loop dikwels
verby glansryke religieuse byeenkomste waar godsdiens
sonder Hom “gepleeg” word.
Hy gaan soek diegene op wat
in die donkerte van die lewe lê. Jesus...dink aan hulle!
Hy deel lewende voedsel en drank aan hulle uit.
Hy het vir hulle gesterf en “veg steeds” vir hulle om die
koninkryk van God in hulle lewe te bring.
Dink jy ook aan hulle?
Loof die Here dat Hy ook by my en jou kom stilstaan het,
waar ek in die donker gelê het...en dat Hy nog steeds nie by
ons verbyloop nie.
Ernest