In Filippense 4:13 kry ons een van die mees bekende
en aangehaalde tekste:
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”
Vir baie gelowiges is hierdie ‘n geestelike “steroïde” teks.
Mense haal dit links en regs aan sonder om die konteks
in ag te neem waarin Paulus dit skryf. Dan dink hulle onder
andere dat hulle enige iets kan regkry wat hulle sélf wil
doen, want die Here sal hulle krag gee. Ons kan nie hierdie
teks vir persoonlike krag vertonings, of geestelike krag
vertonings opeis nie. Paulus bedoel nie hier dat die Here
ons almal op “geestelike steroïde” gesit het nie.
Hy bedoel gewoon in hierdie konteks dat ons alles kan vat
wat die lewe na ons kant toe kan aangee, goed of sleg.
Ons ken die Gewer van lewe! Ons is tot alles in die lewe in
staat want Christus gee ons krag. Sy krag stel ons in staat om
die lewe vierkant in die oog te kyk. Om enige iets te kan
verduur wat oor ons lewenspad mag kom.
Rykdom, of armoede. Swaarkry of voorspoed.
Te veel goeie dinge sal ons nie selfvoldaan maak en van God
laat wegdraai nie, en te veel swaar dinge sal nie mismoedigheid
en kleingeloof by ons tot gevolg hê nie.
Want Christus is ons krag en ons sterkte!
Ons kan vers 18 saam met vers 13 onthou. Dit sê dat ons God
in elke behoefte van ons ryklik sal voorsien, volgens sy oorvloedige
rykdom in Christus Jesus. Onthou, dit maak nie saak wat oor jou
pad kom nie, God sal ryklik in jou behoeftes voorsien sodat jy sal
kán doen wat sy wil is binne jou omstandighede,
hoe goed of sleg ookal. Prys die Here!
Ernest