Sonde skrik nie genade af nie want sonde skrik nie vir God af nie.
Lukas 15:1-2 vertel vir ons dat God Hom in Christus Jesus met
tollenaars en sondaars vereenselwig.
The Message vertaal dit so:
“By this time a lot of men and women of doubtful reputation
were hanging around Jesus, listening intently. The Pharisees and
religion scholars were not pleased, not at all pleased.
They growled, “He takes in sinners and eats meals with them,
treating them like old friends.”
Jesus kom juis vir mense met “doubtful reputation” na die aarde.
2 Kor. 5:17 sê dat God die ou mens omskep in ‘n totaal nuwe mens.
Fil.1:6 sê dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal
voer. Moenie terugdeins vir sonde nie. Dit is oorwin in Christus en
ons oorwin dit saam met Christus. God gee nie op met ons nie.
Die Bybel is vol voorbeelde:
Abraham lieg en sê Sara is sy suster. Hy word deur God herskep tot
die vader van alle gelowiges.
Josef, aanvanklik ‘n hoogmoedige snuiter, word deur God herskep
as ‘n voorbeeld van nederigheid, vergifnis en geloof.
Gideon, ‘n lafaard, word deur God herskep as ‘n geloofsheld.
Johannes Markus, ‘n onbetroubare, wat Paulus en Barnabas in die
steek laat – Hand. 15:38 – word herskep tot die skrywer van die
Markus Evangelie.
Jakobus en Judas, broers van Jesus wat Hom verwerp het, word
herskep as briefskrywers in die Bybel.
So kan ons die lys langer en langer maak.
Moses, Jakob, Simson, Dawid, Petrus, Paulus...en ek.
Almal herskep deur God se genade, al was ons sonde hoe groot!
Ons kan maar net saam met Nancy Spiegelberg bid:
“O God van die tweede kans en die nuwe begin,
hier is ék al weer...Amen!”
Ernest