Iemand het gesê: “Ek is nie ‘n pessimis of ‘n optimis nie,
maar ‘n hooptimis.” Die Tjeggiese digter en latere president,
Vaclav Havel, het gesê: “Ek is nie ‘n optimis nie, want ek is nie
seker alles sal goed eindig nie. Ek is nie ‘n pessimis nie, want ek
is nie seker alles eindig sleg nie. Ek dra net hoop in my hart...
Lewe sonder hoop is ‘n leë vervelige en nuttelose lewe...Ek is
dankbaar vir God vir die geskenk van hoop. Dit is net so ‘n groot
geskenk as die lewe self!”

Die onmoontlike is altyd moontlik, want niks is vir God
onmoontlik nie! Hoop gooi nooit handdoek in op ‘n situasie
of ‘n mens nie! Wanneer die lewe op sy moeilikste is, laat hoop
jou onthou dat God se liefde en genade jou omvou.

Uiteindelik is die belangrikste dat die Bybel ons leer dat hoop
nie iets is nie, maar Iemand! Dit is wat ons deur hierdie lewe
dra en ons met vreugde laat leef. 1 Timoteus 1:1 praat van
“Christus Jesus ons Hoop.” Let op, met ‘n hoofletter!
Kolossense 1:27 verduidelik dit uitstekend wanneer dit sê
die inhoud van die geheimenis is: “...Christus is in julle,
Hy is julle hoop op die heerlikheid.”
Hoop is ‘n Persoon wat in jou bly! Christus, ons Hoop!

Die treffende fliek “The Shawshank Redemption”, het gewerk
met die waarheid:
“Fear can hold you prisoner. Hope can set you free.”
Een van die karakters het besef hy staan voor ‘n keuse:
“Get busy dying, or get busy living.” Hoop laat jou kies om te lééf!
Spreuke 23:18 sê dan sal jy ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie
ontneem word nie.
Waar daar geen hoop is nie, is daar geen lewe nie.
Sonder hoop gee ons moed op, verloor ons die wil om te veg,
om te vertrou en...om te leef.
Vaclav Havel, waarna hier reeds verwys is, het hierdie baie
belangrike waarheid gesê:
“Hoop is nie die oortuiging dat dinge net goed sal uitdraai nie,
maar die sekerheid dat dit sin sal maak, ongeag hoe dit uitdraai”
...want Christus is ons Hoop!

Ernest