2 Korintiërs 3:18: “...Ons word al meer verander om aan die beeld
van Christus gelyk te word....”
1 Johannes 2:6: “Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook
te lewe soos Jesus gelewe het.”
Watter voorbeeld stel jy? Weerspieël jy die beeld van Jesus Christus?
Moeder Teresa het by geleentheid gesê:
“Just allow people to see Jesus in you. To see how you pray.
To see how you can lead a committed life. To see how you deal with
your family. To see how you immitate Jesus. Then you can look them
in the eye and say: “This is the way.” You speak from experience.”
Wat kan ons doen om as voorbeeld van Jesus te leef. Dit is nie ‘n resep
nie, maar ‘n intieme opregte leefwyse saam met die Here. Ons kan
onder andere die volgende vier dinge doen om ons te help om soos Jesus
te leef:
Eerstens: Versterk doelbewus jou geloofsbande. Jou verhouding met
Jesus Christus moet regtig jou belangrikste verhouding wees. Alle ander
verhoudings moet hieruit gekweek word. Kolossense 3:4 bely:
Christus is my lewe! Dit moet regtig my belydenis wees, en Hy moet
werklik my lewe wees. Jy moet weet wat die absolute doel van jou lewe is.
Jesus-volgelinge weet die doel van hulle lewe is om Jesus te volg!
Ongeag wat mense sê en waarheen dit lei.
Tweedens: Beoefen selfdissipline wat opbouende Christelike optrede tot
gevolg het. ‘n Monnik het gespog met sy dissipline rondom eetgewoontes.
‘n Ander monnik het daarop vir hom gesê: “Moenie aan my vertel hoe lank
jy al sonder vleis klaargekom het nie. Maar vertel my eerder die waarheid
op hierdie paar vrae: Hoeveel dae is al verby sonder dat jy ‘n lelike woord
oor ‘n broer in Christus gesê het? Sonder dat jy jou naaste veroordeel het?
Sonder dat nuttelose woorde uit jou mond gekom het?”
Beoefen selfdissipline wat jou geloof bou en optrede soos die van Jesus
tot gevolg het.
Derdens: Bewys onselfsugtige diens en vrygewigheid teenoor jou medemens.
Ons moet ‘n oop hand hê. Dit is saliger om te gee as om te ontvang. Dit word
‘n manier van leef, dat ons seëninge vir ander mense tot seën is.
Vierdens: Leef liefde in die praktyk uit.
So word jy ‘n voorbeeld vir ander om Christus na te volg.
Omdat jy in Christus is, en Christus in jou, leef jy self ook soos Christus geleef
het. Jy vertoon al hoe meer die beeld van Jesus. Christus is jou lewe!
Laat jou lewe in Christus jou boodskap wees!
Ernest