Nie eens die dood kan liefde vernietig nie.
Dit is die sterkste band in die wêreld. Die liefdesband.
Jesus-volgelinge weet dit. Daarom praat hulle die taal
van liefde. Maar die belangrike is: Die taal van liefde is
‘n leeftaal!
Uit Tennessee Williams se toneelstuk, The Rose Tattoo,
kom hierdie treffende aanhaling: “Everybody is nothing,
until you love them!”

Efesiërs 5:1-2: “Omdat julle kinders van God is en Hy julle
liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos
Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n
offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was.”

The Message vertaal dit prakties so en dit help ons baie om hierdie
verse uit te leef: “Watch what God does, and then you do it, like
children who learn proper behavior from their parents.
Mostly what God does is love you. Keep company with Him and learn
a life of love. Observe how Crist loved us. His love was not cautious
but extravagant. He didn’t love in order to get something from us but
to give everything of himself to us. Love like that.”
Hier kom wonderlike insigte uit hierdie verse na vore wat ons help om
van ons liefde ‘n leeftaal te maak, ja, meer as dit, ‘n soos-Jesus-leefstyl
te maak.

Kyk weer na die eerste deel van die verse. Paulus roep ons op om God
na te boots of na te volg. Die Griekse woord wat hy hiervoor gebruik
was baie bekend in die opleiding van die orators van daardie tyd. Die
opleiding het gegaan oor die bestudering en die nadoen van die
meesters wat voor hulle geleef het. Dit is asof Paulus sê: “As jy opgelei
word om ‘n orator te wees, word jy geleer om die meesters van spraak
na te volg. Aangesien jy nou opgelei word in die lewe, moet jy die Here
van alle goeie lewe, naboots!”

Paulus sê ons moet kyk wat God doen en dit dan op sy manier nadoen.
Jy “marineer” as’t ware jou siel en gedrag in hoé God mense liefhet en
met hulle handel. Jesus-volgelinge word deur Paulus gedefinieer as
geliefde kinders van God. Daarom word húlle dan opgeroep om in liefde
te leef. En hierdie lewe in liefde is dan ‘n aksie-lewe wat beteken om in
liefde te wandel. Dit is ‘n voete-op-die-grond manier van liefde uitleef,
oral, altyd. Ons ervaar dit eerstehands in die lewe van Jesus wat ons tot
die uiterste liefhet – Johannes 13:1: “...Hy het sy eie mense wat in die
wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad.”
Let op: ons identiteit as “geliefdes”. Die konteks waarin ons leef as om
dáár te “leef in liefde”. En ons ervaring van “Jesus het ons ook liefgehad”!

Wanneer Jesus mý tot die uiterste toe liefhet, ten spyte van wie ek was, of
steeds is, hoe kan ek anders as om sy liefde te gaan uitleef in hierdie wêreld?
Kom ons gaan leef die aksie-lewe van liefde teenoor alle mense.
‘n Soos-Jesus-leefstyl. Kom ons gaan leef ‘n “voete-op-die-grond” manier
van liefde uitleef teenoor almal, oral. Soos Jesus geleef het.

Ernest