Bernard van Clairvaux, ‘n kerkvader, sê daar is vyf fases
van geestelike groei om ons te help om te verstaan wat
dit beteken om liefde uit te leef:
Om onsself lief te hê ter wille van onsself.
Om God lief te hê ter wille van onsself in die lig van wat
Hy eerste vir ons doen.
Om God lief te hê ter wille van God, totaal onselfsugtig.
Om onsself lief te hê ter wille van God, bewus van sy
oneindige liefde vir ons en dat ons vir Hom waardevol is.
Om ander lief te hê ter wille van God omdat almal vir
Hom waardevol is.

Die vroeë Christene het blykbaar die gebruik gehad om
Markus 12:29-31 op te sê voordat hulle gaan slaap het,
en in die oggend wanneer hulle opstaan, na aanleiding
van die vraag wat die grootste gebod is:
“...Die eerste is: Luister, Israel, die Here ons God is die
enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou
hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand
en met al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste
liefhê soos jouself. Geen ander gebod is groter as die
twee nie.”

Dink jy dat jy hierdie twee gebooie kén? Ons behoort
dit ook, soos die eerste Christene, oggend en aand op
te sê. Want ons kén eers hierdie twee gebooie as ons
dit uitleef! Dit staan bekend as die Jesus-credo.
Jesus het die 613 godsdienstige reëls van destyds
saamgevat in sy unieke opsomming van wat God se wil
vir ons hele lewe is!

The Word on the Street se weergawe hiervan vat dit
uitstekend saam: “Of all the 613 rules, which would you
say is the most important?” Jesus answers straight,
“Love Awesome God with everything you’ve got – your
emotions, will, your thoughts. This is the No 1 top priority,
absolute must, the Big One. The No 2 second absolute must is,
Love people around you as you love yourself. A thousand
column inches of writing by Moses and the couriers boil down
to these two rules.”

Hierdie Jesus-credo roep ons op om in liefde te leef. Maar jy
kan eers die Jesus-credo verstaan en uitleef as jy besef God
het ons eerste liefgehad, sonder dat ons enige iets kon doen,
nog lank voor ons geweet het wat liefde is en Hom kon liefhê.
Besef dat God jou eerste liefhet, onvoorwaardelik,
en dan vra dat jy ook so moet liefhê!

Ernest