Johannes die Doper was ‘n baie belangrike profeet.
Hoekom?
Eenvoudig: Hy was die eerste profeet met we God sedert
Maleagi gepraat het. Die eerste profeet in vier eeue.
En hy kom met die dringende boodskap en beste raad in
Markus 1:4: “Daar in die droë deel suid van Jerusalem het
Johannes mense begin doop. In sy preke het hy mense
mooi gevra om terug te draai na God toe. Om te wys hoe
ernstig hulle daaroor voel, moes hulle hulle laat doop.
Dan sou God nie meer kwaad wees oor hulle sondes nie.”
Dit is die beste raad om self te volg, en om aan ander
mense te gee om te volg: “...om terug te draai na God toe.”
Ons kan met vreugde lewe as ons hierdie raad van Johannes
die Doper volg. Begin leef soos God vra! Johannes die Doper
sê eintlik vir ons: Verander jou gedrag! Dra vrugte wat bewys
dat jy teruggedraai het na God toe. Soos Van Ruler se gebed sê:
“Here, U het van mense Christene gemaak. Wil U nie weer van
Christene mense maak nie.”
Hierdie boodskap van Johannes is baie dringender en harder
as wat dit op die oog af mag lyk. Dit gaan om lewe en dood.
God haat sonde! Ons kan dit nie eers bedink hoe groot en erg
dit moet wees as God iets haat nie...!
Maar as jy skrik en in God se oë kyk, sien jy dat dit alles gaan oor
hóé lief Hy vir joú is! Nog meer intens as sy haat vir die sonde,
is sy liefde en genade vir jou! Daarom het Johannes die Doper
“...mense mooi gevra om terug te draai na God toe”!
God bied vergifnis aan, en ‘n nuwe begin saam met Hom.
Dit maak ‘n hemelse verskil in jou lewe.
Die verskil tussen lewe en dood.
Draai na Hom toe.
Ernest