Markus 1:16-18: “Op ‘n dag terwyl Jesus langs
die see van Galilea loop, sien Hy hoe Simon en
sy broer Andreas hulle visnette in die see uitgooi.
Jesus het na hulle geroep: Kom, word my dissipels,
en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het
dadelik hulle nette gelos en saam met Hom gegaan.”

Dit is altyd merkwaardig dat Jesus gewone mense kies
en roep om Hom te volg. Mense soos ons. Jesus sê daarmee
dat die beste manier om die wêreld te oorwin deur gewone
mense is! Dit is die mense wat dadelik alle los en Jesus volg!
Jesus soek vandag nog na volgelinge wat leerbaar is, wat
beslis is, en wat integriteit het. Mense met moed wat nie
skaam is om uit te staan vir Jesus nie.

Thomas Long het gesê: “Follow Me. That same summons comes
to all of us. For some of us it will come as a call to leave our homes.
But in whatever form the summons is, it still means to forsake being
our “own person” and to become Christ’s.”

God het ons onvoorwaardelik lief. Jesus kom bewys dit onteenseglik
aan die kruis. Om Jesus se roepstem te hoor en Hom te volg as sy
dissipel-volgeling beteken om ook te antwoord op God se
onvoorwaardelike liefde met onvoorwaardelike wedersydse liefde.
So verander Jesus jou lewe! Waar Hy is, is daar verandering in jou
lewe!

Christene ontdek dat Jesus hierdie nuwe soort leermeester is.
Hy roep ons en werk dan kragtig in ons lewens.
Ons lewens dra dan die antwoord op Jesus se eis dat
ons op nuwe maniere leef, oral, altyd, soos Jesus!

Ernest