In Markus 3:16-19 lees ons: “Hier volg die name van die twaalf
wat Hy gekies het: Simon, Jakobus en Johannes, Andreas, Filippus,
Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus (die seun van Alfeus),
Taddeus, Simon, Judas Iskariot.”
Dit is inderdaad ‘n uiteenlopende groep manne. Hulle het geen
spesiale kwalifikasie gehad nie. Hulle was nie ryk nie, en het ook
nie een of ander hoë status gehad nie. Hulle het geen spesiale
opvoeding gehad nie. Hulle was net twaalf gewone manne.
Hulle het Jesus se magnetiese aantrekkingskrag beleef. Hulle
het alles laat staan en Hom gevolg. Hulle het vir Hom opgestaan
in die wêreld. William Barclay sê oor hulle: “These twelve had all
kinds of faults, but whatever else could be said about them, they
loved Jesus and they were not afraid to tell the world that they
loved Him – and that is being a Christian.”

Jesus roep sy volgelinge vir twee redes: Om by Hom te wees
en om hulle in die wêreld uit te stuur as sy verteenwoordigers.
As sy verteenwoordigers het hulle sy boodskap en sy krag!
Dit geld ook vir ons. Jesus sê oor sy volgelinge in Markus 3:35:
“Elkeen wat aan God gehoorsaam is, is my eintlike familie.”
Jesus noem alle Jesus-volgelinge sy familie! Dit is die goeie
nuus wat Markus hier vir ons persoonlik gee!
E. Stanley Jones sê hieroor: “Everyone who belongs to Christ
belongs to everyone who belongs to Christ.”
Dit is die wonderlike van die gemeenskap van gelowiges.
Mag ons nooit ophou om hierdie besondere geloofs-
gemeenskap uit te leef nie!
Romeine 8:17 sê van ons: “As kinders van God is ons ook
erfgename van God.” Mede erfgename van Jesus!
Ons Naam staan, in Jesus, langs Jesus se Naam!
Ons erf ook wat Hy van God erf!
Ons is God se familie! Dit is aangrypend!

Ernest