Met die gelykenis van die saaier sê Jesus in Markus 4:14:
“Die boer waarvan Ek julle vertel het, is die persoon wat
die saad van die woord uitstrooi.” Vers 20: “Maar hulle
by wie op die goeie grond gesaai is, is die mense wat die
boodskap hoor en dit aanneem en ‘n groot oes oplewer…”

Daar is vier reaksies op die saai van die Woord:
Die saad op die harde pad se reaksie: Ek het dit nie gekry nie.
Alan Bean was die vierde man wat op die maan geloop het.
‘n Vriend het aan hom gevra of hy ook, soos die ander
ruimtevaarders getuig het, die teenwoordigheid van God daar
ervaar het. Alan Bean het geantwoord: “Sommige het, en ander
het nie. Die ruimte is in daardie opsig nie anders as die aarde nie.
Ons vind altyd wat ons verwag om te vind.” Alan Bean is reg.
Sommige mense vind nooit vir God nie. Hulle sien Hom ook in
niks raak nie. Hulle soek Hom ook nie. Dit is soos saad wat op die
harde pad val. Die voëls kom en pik dit op.
Die saad op die klipbank se reaksie: Ek het dit gekry, maar dit is
nie vir my nie. Daar is min grond op die klipbank. Daar is mense
wat die Woord van God hoor en sê: “Ja, goed en wel, maar dit is
nie vir my nie.”
Die saad wat tussen die onkruid val: Ek het dit gekry. Ek wil dit hê,
maar ek is nou te besig. Die onkruid kom op en laat die saad verstik,
en dit het nie saad geskied nie. Ons lewens is so vol en ons is so besig,
dat ons nie uitkom by dit wat regtig saak maak nie. Ons oor-besige
lewens verstik die saad van die Woord.
Die saad wat in die goeie grond val: Ek het dit. Ek wil dit hê. Ek dank
die Here daarvoor. Ek groei. Dit is die mense wat eenvoudig
gehoorsaam is aan God en groei. Hulle is die “Just-Do-It”- mense.

Alan Cole stel dit so: “The hard heart, the shallow heart,
the overcrowded heart and the good heart – all are present
whenever the Word of God is preached.”
Die groot vraag is: Watter soort grond is ek? Hoe oop leef ons vir God?
Sien ons Hom in alles raak? Jesusvolgelinge kan ook met sulke harte loop.
Dit hang af hoe naby of hoe ver hulle van Hom af leef.

Ernest