Psalm 46:11 sê:
“Bedaar en erken dat Ek God is.”
Baie mense kan gladnie stilte verdra nie.
Die oomblik as hulle wakker word, skakel hulle die radio aan.
As hulle nie voor die TV sit nie, weerklink harde musiek deur die huis.
Hulle luister nie na die natuur of stilte nie.
Hulle hoor ook selde die stem van God daarin.
Psalm 46 praat van die rustige en geseënde stiltetye,
tye wat in die lawaai wêreld vrede gee.
Die psalm praat van die digter se geloof in God.
Sy geloof te midde van vernietigende magte in die wêreld.
Hy praat van aardbewings, vloedgolwe, vuurspuwende berge.
Dan van ‘n rustigvloeiende rivier,
wat lewegewende water voorsien.
Dan praat hy van die wêreldmagte wat teen God te velde trek.
Hulle word uitgeroei.
Alles dramatiese gebeure!
En dan sê die skrywer dat God sê:
“Bedaar en erken dat Ek Giod is.”
Die hele Psalm roep jou op tot rustigheid,
in die teenwoordigheid van God.
Dan raak jy bewus dat Hy in beheer is.
Dat hy besig is ten spyte van alles.
Dan ontdek jy weer sy beloftes.
Jy begin weer daaruit leef, bewustelik,
te midde van die chaos van die wêreld,
en al die lawaai van mense en goed.
Thomas A Kempis het gesê:
“Gelukkig is die ore,
wat die sagte geruis van God se fluisterstem opvang,
en later niks meer opmerk van die gegons van die wêreld
rondom hulle nie.” (1379-1471)
As hy dit toé al gesê het,
hoeveel te meer het ons nie vandag die stilte nodig nie!
Ernest