Markus 6 vertel van Jesus se dissipels wat Hy uitgestuur
het om ‘n verskil te maak. Verse 30-31 sê: “Die mense
wat Jesus uitgestuur het, het na ‘n ruk teruggekom. Hulle
het Jesus alles vertel wat hulle gedoen en gesê het. Maar
dit was omtrent soos ‘n malhuis rondom Jesus. Jesus stel
toe voor dat net hulle klein groepie saam na ‘n stil plek
gaan om ‘n bietjie te gaan rus.”

Jesus wys hier vir ons die ritme van ‘n lewe saam met Hom.
Dit is ‘n ritme van stil raak in die teenwoordigheid van Hom,
en dan weer saam met Hom uitbeweeg na die teenwoordigheid
van mense. As ons nie ons “spens vol pak” by die Here nie, dan
het ons ook nie om uit te deel aan mense nie.
Dit is ook soos die ritme van slaap en werk. Ons kan nie goed werk
as ons nie genoeg slaap nie. Ons kan ook nie goed slaap as ons nie
genoeg werk nie. Ons moet ‘n balans in die ritme van die lewe kry.
Veral ook in die Christelike lewe saam met God en saam met mense.

John Ortberg het vir sy mentor gevra wat hy moet doen om
geestelik gesond te bly. Toe antwoord sy mentor na ‘n lang ruk:
“Jy moet genadeloos gejaagdheid uit jou lewe verwyder.”
Ortberg het dit neergeskryf en vra toe: “Wat nóg?” Weer het die
mentor nagedink en geantwoord: “Net dit. Daar is niks anders nie.”
Iemand het gebid: “Slow me down, Lord. Teach me the art of taking
minute vacations of slowing down to look at a flower, to chat with a
friend, to pat a dog, to read a good book.”

Ons gaan nie na God om weg te kruip van mense nie. Ons gaan na Hom
om krag te kry vir mense, want dit is waar God ons wil hê. Maar ons kan
ook nie besiger wees as wat God ons wil hê nie.
Ons kan ook nie weghardloop van God af nie. Dan is ons kort voor lank
Uitgebrand. Alreeds van die skepping af het Hy self dit aangedui. Ons het
die ritme nodig wat God ons gee. Ons kan ook net saam met God wandel
as ons by sy voete gaan sit en luister na sy Woord en sý wil.

H.C.G. Moule het dit so gestel: “We cannot possibly be satisfied with
anything less – each day, each hour, each moment in Christ, through the
power of the Holy Spirit – than to walk with God.”
Die ritme is om by God te wees sodát ons vir Hóm by mense kan wees.
Is jy te besig vir Hom?

Ernest