Jesus wys dat God se genade vir almal is!
In Markus 7:27-28 lees ons: “Jesus antwoord haar toe:
“Dit is mos nie mooi om die geestelike kos uit Israel se
mond te vat en dit vir onrein mense te gee nie.” Vers 28:
“Ag, dit is waar, Here,” kom die antwoord, “maar onrein
mense sal tevrede wees met die stukkies wat van God se
tafel af val.”
Hierdie vrou wat voor Jesus kom neerval se dogtertjie was
van ‘n bose gees besete. Sy kom vra Jesus om die duiwel
uit haar dogter uit te drywe. Sy was ‘n Griek wat in Siro-
Fenisië gebore is. In die oë van die Jode van heidense afkoms,
en dus onrein. Deur die Jode op dieselfde vlak as honde gesien.
Daarom gebruik Jesus die beeld van kinders wat eers klaar eet
voordat hulle oorskiet vir die honde gegooi word.
Jesus wys dan dat God se genade vir almal is! Hy reageer op
haar woorde en sê dat sy maar kan huis toe gaan op grond van
wat sy gesê het. Die duiwel het al klaar uit haar dogter uitgegaan!
Toe sy by die huis kom was haar kind genees!
Jesus-volgelinge behandel ook die sogenaamde honde van die
samelewing met sagte genade, want alle mense is na die beeld
van God geskep. God het almal ewe lief! Die vrou vra nie eers om
‘n deel gelykstaande aan dié van die Jode nie, maar slegs dat Jesus
noú reeds ‘n klein stukkie genade aan haar dogter sou betoon.
Haar antwoord laat Jesus die dogter genees sonder dat Hy eers
die dogter sien!
Brendan Manning, die bekende skrywer, wat eers ‘n Katolieke
priester was, vertel van ‘n insident wat by hom spook. Hy het
saam met ryk vriende ‘n “Broadway-show” gaan kyk en tydens
die pouse buite met hulle gestaan en gesels. ‘n Hawelose vrou
het aan sy priester-boortjie opgemerk dat hy ‘n priester is.
Sy het saggies met hom begin praat: “Father, could I talk to you
for a moment?” Manning vertel dat hy kwaai na haar gedraai het
en vir haar gesê het: “Can’t you see I’m talking with someone?
Do you make it a habit of interrupting people? Wait over by the
wall, and I’ll be there when I’m finished.” Die vrou het saggies en
hakkelend vir Manning, wat nou al weer met sy vriende gepraat het,
gesê: “Jesus would not have talked to Mary Magdalene that way.”
Toe haar woorde by Manning ingesak het en hy kon terugdraai na
haar, was sy reeds weg... Oor hierdie gebeure merk hy later op:
“I,ve been looking for her ever since, I made it difficult for her to
believe that God, whom she had’nt seen, loved her, when the priest,
whom she had seen, did not.”
Hoe behandel jy as Jesus-volgeling die “minderes” in die samelewing?
God se genade en liefde moet deur jou vloei, na álmal...!
Ernest