“ Toe die Fariseërs hoor van Jesus se aankoms,
het hulle met Hom begin argumenteer. Om die egtheid
van Jesus se aansprake te toets dring hulle toe by Hom
aan op ‘n goddelike wonderteken. Jesus sug toe diep en sê:
“Waarom hou julle mense aan om ‘n wonderteken te vereis?”
– Markus 8:11-12. Die Boodskap.
Die ongeloof van die Fariseërs staan in skrille kontras met die
positiewe reaksie van die nie-Jode. Let op: die Fariseërs vra ‘n
wonderteken. Hulle vra nie ‘n wonderwerk nie. Wonderwerke
het Jesus al baie gedoen, selfs in hulle teenwoordigheid. Maar
hulle wil ‘n goddelike wonderteken uit die hemel sien! Daarmee
bedoel hulle die een of ander oortuigende bewys wat God self
uit die hemel moet gee om Jesus se aansprake te bevestig.
Ons weet dit het by Jesus se doop gebeur, maar hulle was nie
daar nie.
Dit is egter belangrik om te sien hoékom die Fariseërs vir Jesus
‘n wonderteken vra. Hulle is nié bereid om in Hom te glo nie,
maar is besig om Hom op die proef te stel. Hulle wil Hom
ontmasker en verneder. Jesus weier hulle versoek. Hy noem
hulle “hierdie geslag” in vers 12 in die 1983 vertaling. Dieselfde
uitdrukking word in die Ou Testament in Gen. 7:1 en Ps. 95:10-11
gebruik om mense te beskryf wat hulle rug op God gedraai het!
Dit is presies wat die Fariseërs ook besig was om te doen:
deur Jesus te verwerp, was hulle besig om die rug op God te draai.
Nou die boodskap: Markus dui hiermee aan dat wonderwerke en
selfs wondertekens, as sodanig, nié mense sal oorreed om te glo nie!
Eintlik werk dit andersom! Om wonderwerke en wondertekens te
verstaan, het jy geloof nodig! Dit geld ook vir ons geloof in Jesus!
Niemand kan bewys dat Hy wel die Seun van God, die Messias is nie.
Dit moet geglo word! Ten diepste is geloof altyd iets wat nie op
sigbare uiterlike gebeure gebou kan word nie.
“The whole tendency was to look for God in the abnormal. It was a
sign like that the Pharisees were demanding...but Jesus knew that God
was already in the world for anyone who had eyes to see.”
Dit is presies met die Fariseërs die geval. Hulle soek ‘n wonderteken uit
die hemel terwyl Jesus, die Wonder-Seun van God ter wille van hulle
verlossing, reg voor hulle staan! Maar hulle wil nie glo nie!
“You shall know Him when He comes, not by any dint of drums, nor by
anything He wears, neither by His crown, nor His gown, but His presence
shall be known by the holy harmony which His coming makes in you!”
Ernest