Om te weet dat God in beheer is,
is nie maar net ‘n stukkie medikasie om ons pyn
te verlig in die konteks van soveel dinge wat “verkeerd” loop nie.
Tans tref groot natuur rampe op ‘n wye gebied die wêreld.
Saam met dit ervaar ons terreur dade van groot omvang.
Hongersnood en mediese pandemies is aan die orde van die dag.
Sekere lande dreig mekaar met kernwapens en kernoorloë.
Groot gebrek aan leierskap word op die hoogste vlakke ondervind.
Misdaad raak onbeheerbaar en korrupsie raak ‘n leefwyse.
Dit raak menslik om ontsteld en vol vrees te begin leef.
Baie van hierdie dinge kom draai in ons gemeenskap,
eie families en vriendekringe.
Ons beleef dat bose magte aktief aan die werk is.

Dit is dan wanneer ons sê:
“Moenie bekommerd wees nie. God is in beheer.”
Die vraag is met hoeveel geloof en oortuiging ons dit sê.
Sê ons dit maar uit gewoonte en om onsself te troos?
Soos om pleister op ‘n wond te plaas?...sonder sorg.
Of glo ons dit met soveel oortuiging,
dat dit lewens veranderend is in die konteks waarin ons leef?

Dat God die opperheerskappy van die wêreld in sy hand hou,
is nie net ‘n waarheid van die verstand nie,
maar vir kinders van die Here ook ‘n waarheid van die hart!
Hierdie wete bepaal hoe jy leef, optree, praat en omgee,
in die konteks van alles wat rondom ons gebeur.
Die waarheid dat God in beheer is,
is nie net ‘n kennis feit nie, maar ‘n oortuiging van jou hart!
En daarom vernietig hierdie waarheid, dat God in beheer is,
die vernietigende magte van onsekerheid en twyfel
en vrees wat in jou hart wil kom lê,
en jou in vrees wil laat leef vir enige iets wat kan gebeur.

Om te glo dat God in beheer is, laat jou beheer kry,
van die oomblik en die omstandighede waarin jy leef.
Jy ken God binne die omstandighede en jy hou aan Hom vas.
Hy anker jou te midde van krisis en nood,
en jy hou vas aan jou persoonlike verhouding met God.
Jy weet dat niks jou van sy liefde kan skei nie.
Jy weet dat niks jou uit sy hand kan ruk nie.
Ten spyte van die moeilikste omstandighede,
is jou lewe binne in daardie omstandighede,
‘n voortsetting van jou verhouding met die Here!

Om te sê dat God in beheer is, is dus nie net salf op die seer nie,
maar lewens bepalend vir genesing en optrede in jou lewe.
Dit bepaal hoe jy leef en optree en praat in alle omstandighede.
Jy leef doelbewus onder die heerskappy van God,
en plaas doelbewus jou hele lewe onder sy beheer.
Binne elke situasie, hoe hard of hartseer dit ook al is,
kom Christus deur jou woorde en dade tot uitdrukking.
Deur jou woorde en dade!...
lééf jy die waarheid dat God in beheer is!
Jesaja 7:4 “Bedaar! Bly kalm! Moenie bang wees nie.”

Ernest