Dit moes een of ander tyd gebeur dat ook Petrus in die
tronk sou beland. Jakobus was reeds doodgemaak deur
Herodus. Hy het gou agtergekom dat die Jode daarvan gehou
het dat hy die gemeente vervolg. Dit is duidelik dat hy na Paasfees
van Petrus ‘n “spektakel” voor die volk wou maak. Hy het Petrus
onder die strengste bewaking in die tronk gehou.
Dit is opmerklik: dit is die tyd van wonders en verkondiging van die
woord, maar dit is ook ‘n tyd vol gevare, vervolging en agterdog.
Spanning, intrige en geweld teen die saak van die Here. Dit lyk of
hierdie teenpole om een of ander rede altyd teenwoordig is.
Veral in die lewe van gelowiges. Dit is die misterie van God se plan.
God is in beheer en gryp gedurig in – Handelinge 12:7:
“Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sê
vir hom: “Staan gou op”. Dringend gaan die Woord voort!
God gaan voort met sy plan in die wêreld, ongeag teenstand.
Handelinge 12 sê “Herodus het gesterwe. Maar die woord van
God het verder versprei en veld gewen. – verse 23-24. Herodus
was genadeloos en moorddadig. Hy het gesterf “van wurms” sê
dokter Lukas. ‘n Groot vyand van Christus het verbygegaan.
Almal sal vebygaan. Net Christus bly in ewigheid as Here staan, en
saam met Hom sy ware kerk wat Hy om Hom verenig in God se Naam.
“Maar die woord van God het verder versprei...” dit is die troos vir
lydende geloof. Elke vors van die aarde, elke regeerder, elke groot
moontheid, elke magsgroep gaan uiteindelik verby. Maar die woord
van God gaan voort. Niks kan dit keer nie. Soms gaan dit pynlik stadig,
soms verwonderend vinnig, soms skouspelagtig, soms feitlik onopmerklik.
Die evangelie gaan voort terwyl ryke deur die eeue geval het. Gekom en
gegaan het. Die eens magtige Britse ryk, Hitler se berugte Derde Ryk, die
Sowjet-unie se kommunistiese ryk, die Roomse ryk in Herodus se tyd...
Baie “profete” het al die “ondergang” van God en die Christendom voorspel.
Maar Christus het reeds finaal oorwin. Hy sal altyd sy getuies hê. Net soos Hy
sy vervolgers sal hê. Sy banier is die kruis. Sy gondwet is die liefde. Sy krag lê
in die harte van nuutgemaakte mense. En wanneer alles verby is, sal net die
boodskap en die ryk van God bly. Want Hy het alles geskep in die hemel en
op die aarde. Daar is geen ander God nie!
Ernest