Handelinge eindig triomfantlik!
Handelinge 28:31: “Hy het die koninkryk van God
verkondig en die mense alles oor die Here Jesus
Christus geleer.”
Dit is asof Lukas dit net daar wou laat eindig met
Paulus wat ‘n gevangene is, maar eintlik groot vryheid
het om met die verkondiging voort te gaan. Paulus het
daar vir homself gesorg en besoekers ontvang.
Timoteus en ander het blykbaar dikwels kom kuier.
Op ‘n keer was Lukas alleen by hom. Daar is selfs ‘n
moontlikheid dat Paulus vanaf Rome tot in Spanje
gereis het.
Lukas sê egter niks van Paulus of Petrus se dood nie.
Sy hele verhaal het immers nie oor hulle gegaan nie,
maar oor die handelinge van die Heilige Gees.
Dit is ook die naam van hierdie boek in die Bybel!
Wat Paulus te sê gehad het, som Lukas in die een sin
op van bogenoemde Handelinge 28:31!
Dit sou Paulus ook in sy briewe doen!
Dit is so eenvoudig soos dit. Al beweer mense dat
Paulus soms ingewikkeld geredeneer het.
Paulus het die breë boodskap van Christus,
die Verlosser en Here, verkondig.
Die koninkryk sal bly groei, totdat Jesus weer kom!
Die entoesiasme hieroor was Paulus se passie en lewe.
Dit is ook ons toekoms, ons passie, en ons lewe!
Dit is ons oorwinning, ons krag! Ons lewe!
Christus regeer tot in ewigheid!
Ernest