Ons hoor soveel slegte nuus in die wêreld.
Soveel dinge is boos. Ons verlang eintlik dat die
Here nou moet kom! Die wêreld is reeds sedert
die sondeval in boosheid gedompel. Totdat God
ingryp met die koms van sy Seun na die wêreld.

Kyk net wat skryf Siprianus, die biskop van Kartago,
reeds in 300 na Christus aan sy vriend Donatus:
“Dit is ‘n slegte wêreld, Donatus, ‘n ongelooflike slegte
wêreld. Maar te midde daarvan het ek ‘n stille en heilige
volk gevind wat ‘n groot geheim ontdek het. Hulle het ‘n
vreugde gevind wat duisend maal beter is as as enige
plesier wat ons sondige lewe kan bied. Hulle word verag
en vervolg, maar hulle gee nie om nie...
Hulle het die wêreld oorwin. Hierdie mense, Donatus,
is Christene. En ek is een van hulle.”

Siprianus erken hiermee dat hy ‘n Christen is.
“Ek is ‘n Christen.” Wat ‘n groot voorreg is dit nie!
En ‘n verantwoordelikheid! Om dit te mag bely en dit uit
te leef. Dit is nie aanstellerig of verwaand nie. Dit is genade
van God tot redding vir elkeen wat glo! Deur my geloof in
Christus skaar ek my by die “groot skare geloofsgetuies”
waarvan Hebreërs 12:1 praat. Ek is een van die gelowiges
van alle eeue, volke, tale, nasies...
Ek dra die naam van ‘n volgeling van Christus.

Ek is ook ‘n Christen! Ek is een van hulle! Om my verander
‘n bose wêreld deur die krag van die Heilige Gees wat in en
deur my werk. Ek is lig, suurdeeg en sout vir God,
in hierdie wêreld!

Ernest