Augustinus, die kerkvader, het gesê:
“God het ons vir Homself gemaak, en ons hart
bly onrustig totdat dit rus vind in Hom”.

Psalm 73:25 se treffende woorde is: “Daar is niks in die
hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie.”
Sonder God kan ek nie! Daar is ‘n “vakuum” in die mens
wat net deur God, die Skepper van die mens, gevul kan
word. Mense probeer deur die eeue die “vakuum” vul
met allerhande dinge soos huweliksmaats, kinders, familie,
vriende, beroep, ideale, besittings...alles goeie dinge.
Maar dit kan nie die plek van God vul nie. Mense probeer
ook die “vakuum vul met ander dinge, soos wellus, hebsug,
mag, sensasie en plesier. Allerlei afgode wat nie die plek van
die lewende God kan vul nie.

Vir ware vervulling en sin in jou bestaan kan net Psalm 73:25
geld: Niks beteken meer as God nie!
Alles is die skepping bestaan ter wille van God! Op die hoogste
bergpieke, waar niemand dit eers sien nie, blom daar blomme
vir God. In die dieptes van die see is die mooiste veelkleurige
visse, tot eer van God. Alles in die skepping getuig van God se
grootheid!

Ons het elkeen ook ons plek, tot eer van God. Ons het ook die
Voorreg, as kinders van God, om Hom doelbewus te eer en te
prys! In letterlik alles wat ons doen! Elke doodgewone aktiwiteit,
elke uur van die dag. Daar leef ons tot eer van God.
Psalm 103:2: “Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade
vergeet nie...”

Ernest