“Jesus het besluit om nie langer in Nasaret te bly nie.
Sy nuwe woonplek was Kapernaum. Dit is by die see
van Galilea. Van toe af het Jesus ook begin preek.
Hy het vir die mense gesê:
“Julle moet julle lewe radikaal verander, want God se
nuwe wêreld is hier.” – Matteus 4:13 en 17.

Het radikale verandering in jou lewe al plaasgevind?
Jesus se boodskap is eenvoudig maar direk: Verander jou lewe.
Word so deel van God se koninkryk!
C.S. Lewis beskryf dit so: Dit is soos ‘n ongebore kuiken binne
‘n eier. Die kuiken is gemaklik en word nie uitgedaag nie.
Die eier bevat voedingstowwe, maar dit gaan binnekort opraak...
Die kuiken moet kies: Bly in die eier en sterf, of waag die groot stap,
breek uit die eier, uit jou huidige bestaan, en lewe!
Die dop moet van binne gebreek word, van die innerlike af na buite,
gaan jy ‘n totaal nuwe wêreld in, die koninkryk van God.
Dit is die wêreld, die koninkryk waarvoor God jou van die begin af
geskep het. Die keuse om in jou ou bestaan te bly, en te sterwe,
of om uit jou ou mens te breek en te lewe, hang, soos met die kuiken,
van jouself af!

Jesus bied met hierdie eerste preek al hierdie keuse aan.
Hy bied hierdie geleentheid aan jou! Verander jou lewe radikaal,
en volg Hom. Dit is jou keuse. Wees eerlik met jouself.

Ernest